Dec
25
2009
Christmas 2009
Fri, 12/25/2009 - 13:49
Dit was -of is steeds- al die derde Kersfees in Australia! Ons het Ou Kersaand mooi tafel gedek en lekker geeet. Die kinders was erg opgewonde oor die geskenke onder ons wit kersboom. Dit was nogal n storie om darem sekere geheime te hou.
Carina wou bitter graag n lewensgrootte teddie he en dit was haar hoogtepunt!
Christoff is steeds erg oor balle en het sy nuwe sokkerbal saamgevat kerk toe.
Karel is ons Lego-man. Hy het sy "Space Police" en "Star Wars" lego gisteraand begin bou en is nogsteeds besig.
Vandag is Kersfees en n lekker warm dag soos ons gewoond is.
Die plan is om later vandag te gaan swem.
n Geseende Kersfees vir julle almal!
